Lei ander na Jesus se liefde en plan vir sy lewe
Help ander om God te vind
Die Evangelie moet aan alle mense verkondig word
Veronderstel dat jy 'n eenvoudige manier gevind het om enige kanker te kan genees. Sou jy dit aan almal wil deel? Natuurlik!
Die mensdom is totaal gevalle en kom slegter daaraan toe as om siek te wees aan kanker: Dit is sonde en dit veroorsaak 'n ewige dood. Maar God het dit deur Sy genade so beskik dat daar 'n geneesmiddel is vir die ewige dood, dit verskaf die ewige lewe: Sy Seun, Jesus Chritus gee ewige lewe!
Hierdiè goeie nuus van die ewige lewe moet aan alle mense vertel word, want almal is gebore in sonde en verdien daardeur die ewige dood. Jesus se laaste opdrag aan Sy dissipels was om die evangelie aan almal te verkondig, en om dissipels van alle nasies te maak (Mat 28:18) (Hand 1:8)
Vertel jou verhaal
Jy kan begin om aan jou vriend/in te getuig wat met jou gebeur het en hoe jy verander het. Die evangelie volgens Johannes vertel ons hoe Jesus die blinde laat sien het. Die teëgesinde leiers van die Jode het die blinde aanhoudend uitgevra oor die wonderwerk. En die siende het eenvoudig gesê: "Een ding weet ek: dat ek blind was en nou sien." (John 9:25).
Dus begin om jou verhaal aan ander te deel. Vertel how Jesus alles verander het, jou sondes vergewe het en dat jy dit weet. Die mense om jou sal agterkom dat iets anders is en hulle sal graag wil weet.
Vertel God se verhaal
Nadat jy oor jouself getuig het, vertel jou vriend/in oor die probleem (sonde) wat skeiding tussen mens en God gemaak het en die Oplosing (Jesus) wat dit oorbrug.
Rom 6 som dit op: "Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here."
Verduidelik aan jou hom/haar dat niemand goed genoeg is om hemel toe te gaan nie (Rom 3:23) , maar dat "almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo"(Joh 1:12)
Daarna kan jy eenvoudig net vir jou vriend/in uitnooi om Jesus Christus te vra om sy/haar sondes te vergewe en Hom aan te neem as Verlosser.
Doen dit in die krag van die Heilige Gees
Lees Hand 1:8 weer: "maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom ..."
Ons hoef nie op ons eie krag staat te maak nie, maar op God, deur die krag van die Heilige Gees, wat ons in les oor die Heilige Gees behandel het.
Jesus het soort gelyk aan sy dissiples opdrag gegee, deur te sê: "die Heilige Gees sal julle in dieselfde uur leer wat julle moet sê" (Luk 12:11-12). Ons kan verseker wees dat ons die regte ding op die regte tyd sal oordra.
Help ander om hul oë op Jesus te hou
Vertel jou verhaal en God se verhaal in die krag van die Heilige Gees en laat God dan die res doen. Dit is die werk van die Heilige Gees om te oortuig van sonde, geregtigheid en oordeel.
Nie almal sal Jesus volg nie. Onthou, die Jood se leiers het Jesus verwerp. Hulle verwerp nie jou nie, maar Jesus(Luk 10:16). Ons taak is net om die evangelie met liede oor te dra en God sal oorneem en die werk voltooi.
Indien daar vrae of onsekerheid oor die inhoud van die lesse is, neem die vrymoedigheid om op die kontak te klik. Daar is 'n Christen wat gereed staan om jou vrae te beantwoord!