Vier stappe tot God se genade

En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun. Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie. - 1 Joh 5:11, 12

God is lief vir jou

Hy het immers die mens geskape na sy beeld en vir 'n doel.

Ons lees in die Bybel, "Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê."

Die probleem is dat ...

In God se oë, het almal iets gedoen, gesê of selfs gedink wat verkeerd is.

Dit is sonde, ons sonde het ons van God geskei.

God is volkome heilig en haat sonde - God duld geen sonde in sy teenwwordigheid nie. Ons sonde skei ons vir ewig van Hom.

Ons lees in die Bybel, "want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,".

Verder lees ons, "Want die loon van die sonde is die dood, "

Die goeie nuus is dat, 2000 jaar gelede ...

God stuur sy enigste seun, Jesus Christus, om in die plek van die mens vir die loon van hul sonde te betaal.

Jesus is die Seun van God, maar hy is ook mens. Hy het 'n volwaardige sondelose lewe geleef en was en is, vlekkeloos. Hy kwalifiseer aan God se standaard om vir die loon van die sonde te betaal.

"Maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was"

Jesus het opgestaan uit die dood en leef saam met die Vader in die hemel. Hy bied die ewige lewe gratis aan die mens - vir die wat Hom aangeneem het - sodat hulle ook in God se teenwoordigheid heilig kan leef.

en Jesus sê:

"Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie."

Ons lees verder dat:

"Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe"

God reik uit na die mens, maar die mens moet glo dat Jesus die Verlosser is EN hom as sy persoonlike Verlosser moet aanneem.

"Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;"

Jy kan ook kies om in sy Naam te glo en Jesus as jou Saligmaker aan te neem.

As jy Jesus as jou Saligmaker wil aanneem en bereid is om van jou sonde weg te draai sodat jy met God versoen kan word?

Dan kan jy die volgende gebed bid. Jesus(God) is getrou om 'n opregte hart te hoor!

Here Jesus, ek glo dat U die Seun van God is en dat u in my plek vir my sonde gesterf het, dat u my boete en prys vir my sonde betaal het. Dat U die ewige lewe gratis sal skenk sonder voorbehoud, aan die wat u Naam aanroep. Here vergewe my sonde en gee my die ewige lewe as 'n genadegawe. Ek wil U vir ewig dien as my Velosser.

Dankie Here dat U my die mag gegee het om as kind van God genoem te kan word. Ek wil U kind wees. Dankie dat ek van nou af U kind is en dat niks ons kan skei nie!

Lees asseblief saamJohn 10:28. Dit is 'n belofte. God kan nie lieg nie.

Het jy die oorgawe gebed gebid?