Die Heilige Gees - wie is Hy?

En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun. Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie. - 1 Joh 5:11, 12

Het al ooit gewonder wie die Heilige Gees is?

Daar was dissipels (van Johannes die doper) wat ook nie geweet het wie die Heilige Gees was nie (Hand 19:2).

Laat ons kyk wat die Bybel van die Heilige Gees sê en waarom dit so belangrik is om te weet wie Hy is?

Wie is die Heilige Gees?

Hy is die Gees van God en dieselfde gees wat Jesus Christus aan ons openbaar (Rom 8:9).

Joh 16:13 sê; dat Hy; "...die Gees van die waarheid, Hy sal julle in die hele waarheid lei".

Wat doen die Heilige Gees?

Die Heilge Gees troos ons (John 14:16);

bid names ons (Rom 8:26)

en lei ons in die waarheid (Joh 16:13).

Die is maar net 'n paar einskappe van wat die Heilige Gees doen.

Waar is die Heilige Gees?

Die Heilige Gees is orals teenwoordig (Ps 139:7-10), maar baie spesifiek in elke christen.

"Of weet julle nie dat julle liggaam 'n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is"

Waarom is die Heilige Gees gestuur?

Om Jesus Christus te verheerlik en om ons krag te gee om getuienisse vir Jesus (die Evangelie) te wees.

"maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde."

Die krag van die Heilige Gees in ons lewens

"Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie;"

Ander gelowe beveel dat 'n mens op 'n sekere goeie manier moet lewe, maar dit is slegs ware Christene wat die mag het om 'n heilige en goddelike lewe te kan lei. Want die Heilige Gees leef in ons.

Hoe kan die Heilige Gees ons gebruik?

  • Ons moet die Heilige Gees soek en toelaat om ons te laat lei waar Hy wil(Mat 5:6)
  • Bely jou sondes sodat die Heilige Gees ons kan gebruik (1Joh 1:9)
  • Gee alle aspekte van jou lewe oor aan God (Rom 12:1-2)
  • Dit is 'n bevel van God om met die Heilige Gees vervul moet word (Efe 5:18), met die belofte om Hom te ontvang as ons bid volgens God se wil (1Joh 5:14)

Jy kan dus tot God bid en vra:

"Liewe Here ek het jou nodig. Ek is jammer vir die verkeerde dinge wat ek gedoen het. Wees my genadig en help my. Ek weet my sonde is vergewe deur die kruisiging en bloed van Jesus Christus. Dankie vir die vergifnis van my sonde. Ek wil Jesus toelaat om beheer oor my lewe te neem. Vul my lewe met die Heilige Gees en gee my krag om my lewe te lei tot die verheerliking van Jesus.

Kyk op na Jesus ...

... met die verwagting om gevul te word met die Heilige Gees.

En glo en doen die dade wat sal lei na 'n lewe wat Hom verheerlik.

Indien daar vrae of onsekerheid oor die inhoud van die lesse is, neem die vrymoedigheid om op die kontak te klik. Daar is 'n Christen wat gereed staan om jou vrae te beantwoord!