Inleiding
Het jy al ooit gevoel jy is verlore en gewonder hoe jy jou verhouding met God kan herstel?
Hierdie gids kan jou help...
In ses praktiese lesse kan jy leer wat God se liefde is; Bou 'n verhouding met God - praat en luister na Hom in gebed. Weet wat God se plan vir jou lewe is en waarom jy weer gebore moet word.
Wat sê God in sy woord ?
Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
(en wat sê Jesus)
Maar gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie; want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.
Dit is 'n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek(Paulus) die vernaamste is.
Kom ons vind meer uit ...
Indien daar vrae of onsekerheid oor die inhoud van die lesse is, neem die vrymoedigheid om op die kontak te klik. Daar is 'n Christen wat gereed staan om jou vrae te beantwoord!