Jesus het my gered!
As jy enige gedagtes van onsekerheid het, of onseker voel na jou besluit om Jesus te volg, wees gerus jy is nie die enigste wat so gevoel het nie.
Hoe kan jy weet of jy wel gered is? Hoe weet Christene dat hulle is gered, of nog beter, dat hulle nie weer verlore kan gaan nie? Waar kry hulle die sekerheid?
Wat moet ek doen om gered te word?
Ten eerste, wat sê God moet jy doen?
Die Bybel sê dat die verlossing nie moeilik is nie,
Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word , jy en jou huisgesin.
Verlossing begin by jou, wanneer jy besef dat jy verlore is en bestem is om hel toe te gaan. Jou te bekeer (om te draai) van jou sonde en op Jesus se verlossing, wat Hy vir jou bied, staat te maak. Jy kan jouself nie red nie, maar slegs Jesus kan jou red. Want Hy het jou loon vir jou sonde betaal. Dit is die enigste werk of daad wat jy moet doen.
Jesus antwoord en sê vir hulle: Dít is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het.
Ten tweede, wat het God belowe?
En dit is die belofte wat Hy ons beloof het, naamlik die ewige lewe.
Dit het Jesus sy bloed gekos, deur Sy lewe op te offer sodat jy kan lewe - ewige lewe. En dit is verniet, dit is 'n gratis geskenk of gawe.
Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.
Wat sê die Bybel oor verlossing?
Deur na Jesus te kyk vir jou verlossing, sal God se beloftes en krag jou verseker van verlossing.
Ons gevoelens, ons swakhede en selfs swak geloof sal ons laat twyfel. Maar God se genade en Jesus se betroubaarheid gee ons die versekerheid van verlossing (1Joh 5:13). As ons, ons oog op Jesus hou, Sy sondelose lewe, Sy kruisiging , Sy opstanding van die dood en Sy wederkoms - Die evangelie. Dit gee ons sekerheid van ewige lewe.
Indien daar vrae of onsekerheid oor die inhoud van die lesse is, neem die vrymoedigheid om op die kontak te klik. Daar is 'n Christen wat gereed staan om jou vrae te beantwoord!