God hoor en luister na jou gebede

En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun. Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie. - 1 Joh 5:11, 12

God wil hê jy moet tyd saam met Hom spandeer en wil hoor wat jou behoeftes is

Ons het in 'n vorige les geleer dat God deur die Bybel met ons praat. Wanneer ons bid, praat ons met God. Hy ken jou beter as enige iemand anders jou ken, selfs meer as jou beste vriend. Dit is belangrik vir God dat ons tyd met Hom sal deurbring, dat ons ons node aan Hom sal bekend maak.

God is baie meer as 'n vriend. Hy het ons geskape en is die pottebakker. Hy is die Almagtige. Hy is instaat om enige iets vir jou te kan doen, en weet presies hoe om met ons te werk. Elkeen is uniek gemaak, Hy ken ons hart. Om God beter te leer ken is basies om jou oë op Jesus te hou - aanskou Jesus en sien die Vader (Joh 1:18).

Toe die dissipels vir Jesus gevra het om hulle te leer om te bid, het Jesus die "Onse Vader" ( of soms verwys as die dissipels se gebed) vir hulle geleer (Mat 6:9-13).

Daar is niks magies daar omtrent die gebed nie. Dit moet nie oor en oor herhaal word nie. Maar dit bevat wonderlike aspekte en die prosess om tot God's troon te nader.

Kom ons kyk daarna...

Die gebed begin met aanbidding

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word;"

Ons moet God nader met diepe respek, weetende dat God gelykertyd ons Vader is. Hy voorsien en is besorg oor ons. Maar ons word vermaan om Vader lief te hê met al wat ons is. Ons bid en verklaar dat God altyd heilig is, vêr bokant ons begrip en dat ander mense dit sal erken.

Ons vereenselwig ons met en stel ons onder God se wil

"laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;"

God het 'n plan en 'n doel met die wêreld en sy mense. Ons moet uitvind hoe ons daarby inpas. Sy plan vir vandag sluit ons in en ons het 'n taak om te voltooi. Ons bid en vra God om Sy plan deur Sy almag op aarde ten uitvoer te bring, volgens Sy wil. Wanneer ons gebed in lyn is en saam stem met God se doel op aarde, vind God behae daarin.

Ons vra God om aan ons behoeftes te voorsieni

"gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;"

Eers nadat ons God vir wie Hy is aanbid, kom en stel ons ons behoeftes bekend. "daaglikse brood" is ons basiese benodigdhede: kos, klere en beskutting; ons is daaglikse bewus dat God elke dag nuut voorsien.


Wanner ons sê: "en vergeef ons ons skulde" word ons herinner dat God uit genade ons sondes vergewe het. Ons skulde is baie groter as wat ons daarvoor kon betaal het (ie die loon van sonde is die dood)- dit het iemand wat sonder sonde was, se lewe gekos, God se geliefkose seun. Jesus het 'n perfekte sondelose lewe gelei en ons skulde het Sy bloed gekos. Hy het ons skuld vir altyd betaal deur die vergieting van Sy bloed.

Omdat Hy in ons leef, is ons bemagte om ander net soos Hy, te vergeef. Ons is terseldertyd kwytgestel van bitterheid teenoor andere en ook van gebroke of slegte verhoudings met andere. Dit is 'n opdrag van God dat ons dit aan andere moet doen.

Ons vra God vir sy se beskerming

"en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose"

Om 'n kind van God te wees beteken nie dat ons nie kan sondig nie. Ons word versoek, net soos ander. Maar ons vra God om ons deur sy Heilige Gees te lei om versoekings te oorkom.

Kinders van God het 'n teëstander, Satan - wie kom om te steel te slag en te verwoes (Joh 10:10).

Ons bid en vra dat God ons sal beskerm ten spyte van wat ons beleef. God laat niks toe sonder sy toelatende wil. Hy is in beheer en beskerm ons.

Prys God - Hy is in altyd in beheer want alles behoort aan Hom

"Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid."

Ons gee God die erkening dat Hy in beheer is. Niks gaan by Hom verby sonder sy toesteming en toelatende wil nie. Niks vang God ooit onkant nie, vir ewig is Hy in beheer. Nie eers 'n enkele atoom kan uit sy baan beweeg sonder dat God dit toelaat.

Al gebeur daar dinge (versoekings) waarvan ons nie hou nie, moet ons weet dat selfs dit verby God moes gegaan het en dat Hy dit toegelaat het. Maar wat ookal gebeur weet ons dat ons nie bokant ons kragte versoek sal word nie, en dat daar altyd 'n uitkoms vir ons is (1 Kor 10:13).

Ons bid en gee aan God die heerlikheid wat Hom toekom, net soos met die begin van die gebed, waar ons Sy heiligheid bewonder.

Hou jou oë op Jesus

Wanneer ons tyd met God in gebed spandeer, leer ons om Hom al hoe beter te ken. Ons leer Hom ken deur ons ervarings (geestelik en fisies) en deur Hom daarin te beleef. Hoe meer ons Hom beleef, hoe meer word ons soos Jesus.

Indien daar vrae of onsekerheid oor die inhoud van die lesse is, neem die vrymoedigheid om op die kontak te klik. Daar is 'n Christen wat gereed staan om jou vrae te beantwoord!