Die kerk van Christus is Sy liggaam en die Christen se tuiste!
Die gemeenskap van mede Christene sal jou versterk en aanspoor om geestelik te groei.
Nuwe mens
Toe jy Jesus as Verlosser aangeneem het, het jy 'n nuwe mens geword. Jy is weergebore (Joh 3:3). Kan jy jouself indink dat 'n pas gebore baba vir homself/haarself moet kos maak en self beskerm teen die elemente. Hulle kan nie want julle is nie instaat nie. . Hulle is afhanklik en meot versorg word.
Die Kerk - dit is nie 'n gebou nie, maar mense
Net soos jou fisiese familie you vertroetel, voed en liefde gee, net so is dit die funksie van die Kerk - jou mede gelowiges. Hulle spoor jou aan en saam leer jy meer en meer van jou nuwe geestelike verhouding met die Heilige Gees.
Van die belangrikste dinge wat die Kerk jou leer en herinner, is die beginsels en die outoriteit van die evangelie van Christus:
Die Kerk is 'n Span - dit is 'n liggaam
In a rubyspan is daar verskillende posisies - elk met 'n rol, doel en 'n funksie. Net so is die Kerk van Jesus.
Jy het nie alleen die Kerk nodig vir geestelike doeleindes nie, maar die Kerk het jou ook nodig. Jy is nou deel van die liggaam waarvan Jesus die hoof is. Elk speel verskeie rolle en het verskeie funksies in die liggaam van Jesus. (1 Kor 12:18-20) Dit groei saam en word heilig gemaak deur die Gees van God.
Moenie toelaat dat die leeus of hienas jou in die hande kry nie!
Wanneer hienas of leeus jag, probeer hulle altyd om die jong bokkies of die swakkeres van die trop af te sonder. Hulle soek die proei wat hulle maklik kan vang. Satan het dieselfde taktiek (1 Pet 5:8). Hy probeer altyd om die "liggaam" van Jesus af te breek, lam te lê deur skeiding te bewerkstellig. Dit doen Hy deur die swakkere te teiken.
Maar wanneer die gelowiges die Here saam dien, versterk hulle mekaar se geloof en word die liggaam kragtiger, geloof versterk gebed en met kragtige gebed kan ons Satan weerstaan (Jak 4:7)
Hou jou oë op Jesus
Kom jy gereëld met ander gelowiges bymekaar? Indien nie, vra God om jou te lei en te help om met ander sterk gelowiges bymekaar te kom. Jesus het erns oor jou geestelikle groei en die opbou van Sy liggaam saam met andere, Hy sal vir jou wys waar jy tuis sal wees en waar jy sal kan getuig oor Hom. 'n Getuienis is belangrik - dit versterk jou geloof en andere.
Het jy by 'n kerk aangesluit? Weereens, vertrou die Here en hy sal jou wys waar jy Hom kan aanbid en lofprys.
Indien daar vrae of onsekerheid oor die inhoud van die lesse is, neem die vrymoedigheid om op die kontak te klik. Daar is 'n Christen wat gereed staan om jou vrae te beantwoord!