Die Bybel rig jou voetstappe
Die lewe kan soms moeilik wees. Maar God het alreeds voorsien.
Die Bybel gee ons die antwoorde
Het jy al probeer om iets te doen wat moeilik is, en jy weet nie hoe nie? Miskien moes jy eers hulp of raad gesoek het?
Net so voorsien God aan ons behoeftes deur ons te help wanneer die lewe moeilik is, of wanneer dit swaar gaan. Ons kan hulp en raad vind in die Bybel, maar die Bybel verskaf meer as dit...
Wat doen die Eën wat jou lief het?
Die Bybel beskryf die liefde van die Skepper oor sy skepping. Jy is sy skepsel en Hy is innig lief vir jou. Hy het Sy lewe as prys gegee sodat jy verewig saam met Hom kan lewe - sodat jy deel van Sy ideale plan vir die skepping kan word.
Die Bybel kom op die oog af kompleks, maar met Sy gees, breek dit oop. Dan ontdek jy die waarheid, Sy gees openbaar die waarheid oor Hom en wat dit beteken om Hom te volg.
Die Bybel is vir almal - jy het nie 'n graad nodig om dit te verstaan nie. Dit is vol van God se gedagtes, oor Hom, oor jou, oor sy Skepping en Sy plan. Sy plan sluit almal in, en niks gebeur per toeval nie. Vir die wat Hom lief het was dit alreeds vasgemaak voor die grondlegging van die wêreld (Efe 1:4)
Wat kan jy in die Bybel vind?
Jy kan ware hulp vir jou lewe kry. Hoop vir jou toekoms. Waarheid wat jou bevry en wat jou lewe sin en 'n doel gee. Raad en riglyne vir verhoudings met andere. Maar mees belangrik, dit openbaar Jesus, wat self getuig:
Ps 40:8 "Toe het ek gesê: Kyk, ek kom; in die boekrol is dit my voorgeskrywe."
Die Bybel is God se verhaal. Jesus het alles geskep (Heb 1:10) en dra alle dinge deur sy woord (Heb 1:3c). Maar Hy het Homself verneder en 'n menslike gedaante aangeneem (Fil 2:8,9) terwille van ons. Jesus was versoek net soos alle mense, maar het geen sonde gedoen nie. Hy het ons lyde meegemaak en beleef net soos ons. Jesus bied nou ons die geleentheid om van al ons sondes verlos te word deur dit wat Hy aan die kruis vir ons gedoen het. En daardeur is Hy as volmaak verklaar deur die Vader (Heb 5:9). Hy is ons bewerker van 'n ewige saligheid. Jesus het Sy mag oor die dood bewys toe Hy opgestaan het uit die dode. Hy leef (1Pet 1:3).
Hou jou oë op Jesus
Die Bybel is nie net stories oor Jesus nie, maar dit is 'n openbaring van Jesus. Die Woord is lewendig en kragtig (Heb 4:12). Die woord is lewendig want Jesus is die Woord (John 1:1). Al het Jesus vir jou gesterf, is Hy lewend vandag. Hy ken jou gedagtes, jou planne en die gesindheid van jou hart. Soos jy meer en meer tyd met Hom spandeer deur deur die Woord te lees en te werk, sal Hy jou hoop in Hom versterk. Hy sal jou anker in die lewe word en wees.
Begin nou lees
Daar is net een manier om Jesus in die praktyd meer en meer te beleef. En dit is om self die Bybel te lees. Dit is wanneer die Heilige Gees Hom aan jou sal openbaar.
Begin met Evangelie van Johannes want dit is ideaal vir 'n nuwe bekeerling (John 20:31) . Ek het vrae oor wat ek in Johannes gelees het?
Ek verstaan nie die Bybel nie - dit weerspreek homself?
Hierdie is 'n algemene stelling wat baie mense maak. Meesal weens dinge wat hulle van andere hoor...
Indien daar vrae of onsekerheid oor die inhoud van die lesse is, neem die vrymoedigheid om op die kontak te klik. Daar is 'n Christen wat gereed staan om jou vrae te beantwoord!