Ons lees in die Bybel:, "Die aarde behoort aan die HERE en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon; want Hý het dit gegrond op die seë en dit vasgestel op die strome."
Ons Skepper het 'n volmaakte en unieke plan vir elke mens wat gebore word. Geen mens word sonder 'n Goddelike doel geskape nie.
GOD, die skepper van ALLES, het die aarde en die mens gemaak sodat Hy dit met die mens kan deel. Ons as mens is die kroon van hierdie skepping, want ons is na GOD se eie beeld geskape. Die uitsluitlike doel van die mens is om sy Skepper te verheerlik. Met ander woorde; om daarna te streef om soos Hy te word, naamlik HEILIG. (Ons noem dit "heiligmaking").
Maar:
Ons Skepper is 'n Heilige GOD. Hy kan homself nie vereenselwig met sonde nie. Om te sondig beteken om God se skeppingsdoel te mis. Elke mens, sonder uitsondering het gesondig want ons word in 'n sondige wêreld in gebore. Sonde veroorsaak skeiding tussen die Skepper en die mens.
Genadiglik:
GOD is regverdig en liefdevol "Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde. - 1 Joh 4:8"
God het alreeds met sonde gehandel deur die kruisdood van Sy Seun Jesus Christus.
Dit is volmaakte liefde. Die liefde is vir almal beskore.
Probleem:
Sonde skei ons van GOD ongeag die feit dat GOD met sonde gehandel het. Hoe is dit dan moontlik om met GOD versoen te word?
Die oplossing lê in ....